IS moontlik verantwoordelik vir Pakistan-ontploffing

Die Pakistanse polisie sê ‘n voorlopige ondersoek toon die Islamitiese Staat-groep is agter die bomontploffing waarin minstens 44 mense by ‘n politieke saamtrek in die noordwestelike Bajaur-distrik dood is. Meer as 200 mense is in die aanval beseer wat lede van die Jamiat Ulema-e-Islam-Fazl -party geteiken het. Die Pakistanse eerste minister, Shehaz Sharif, het diegene wat verantwoordelik is as terroriste veroordeel. Die Islamitiese Staat in Pakistan het verantwoordelikheid aanvaar vir verskeie aanvalle vanjaar teen godsdiensleiers wat by die party ge-affilieer is.