Hoër slag- en bemarkingsyfers vir vee in tweede kwartaal
Die tweede kwartaal van vanjaar dui op hoër slag- en bemarkingsyfers van lewendehawe, volgens Simonis Storm se landbouverslag van Junie. Dit is waarskynlik die effek van die winterseisoen wat boere dwing om meer van hul beeste te slag as gevolg van minder voer vir beeste. In Junie het uitvoere op die hoef ‘n toename van 11,6 persent op ‘n jaargrondslag aangeteken, vergeleke met 6 persent vergeleke met Mei vanjaar. Hierdie groei is aangedryf deur hoër skaap-en bok-uitvoere, terwyl bees-uitvoere met 12,7 persent jaar-op-jaar afgeneem het.