Emmerstelsel sal in Noord-Kaap uitgewis word
Die buurland se minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, en die premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, sal eersdaags ‘n memorandum van verstandhouding onderteken om met die emmerstelsel weg te doen. Altesaam 7 600 emmers word nog in die provinsie gebruik. Minister Mchunu sê verskeie kwessies, insluitend bedryf en instandhouding, waterverliese weens lekkasies en verouderde infrastruktuur sal besliste aandag ontvang.