DBV: Huidige metodes van hondeslagting is onmenslik

Die hewige landwye debat oor die eet van honde wat in sommige gemeenskappe, veral in die Noorde, as aanvaarbaar beskou word, duur voort. Die Dierebeskermings-vereniging van Namibië en sy takke het vandag amptelik in ‘n mediaverklaring bevestig hulle ondersteun nie die slag van honde vir menslike gebruik nie. Die vereniging meen die huidige metodes van hondeslagtings is onmenslik en meen daar is openbare gesondheidsrisiko’s wat verband hou met die verbruik van hondevleis. Sylvia Breitenstein, bedryfsdirekteur van die DBV het met Kosmos 94.1 nuus gepraat oor die Dierebeskermingswet wat toegepas sal word wanneer diere mishandel word…