DA gaan VN toe oor EFF-dreunsangJuly 31, 2023
Die DA het bekendgemaak hy gaan ʼn klagte indien by die Menseregte-raad van die Verenigde Nasies vir die dreunsang van Kill the Boer gedurende die 10de verjaardagviering van die EFF in die FNB-stadion in Johannesburg. Die klagte is teen beide die EFF en die ANC, wat nagelaat het om teen die leier van die rooi pette, Julius Malema, op te tree. Die leier van die DA, John Steenhuisen, beskuldig Malema daarvan dat hy etniese geweld aanblaas en waarsku sy optrede kan tot burgerlike onluste aanleiding gee.