Zim se Kasukuwere kan nie in verkiesing staan nieJuly 30, 2023

Die Hooggeregshof in Zimbabwe het die appèl verwerp van die onafhanklike presidensiële kandidaat Saviour Kasukuwere. Hy het dit ingedien teen die hof se vorige beslissing om sy kandidaatskap vir die presidensie in die komende verkiesing te skrap. Volgens die hof was daar nie meriete in Kasukuwere se appèl nie. Die ZanuPF-aktivis, Lovedale Mangwana, het die hof genader en Kasukuwere se nominasie uitgedaag. Hy het aangevoer, Kasukuwere kwalifiseer nie as ‘n kieser nie omdat hy meer as 18 maande buite die land en sy kiesafdeling deurgebring het.