Vier Aussie lugmaglede wat in ongeluk is, bekend
Die vier bemanningslede wat dood is nadat ‘n militêre helikopter aan die kus van Queensland in Australië neergestort het, is bekend. Weermaghoof Simon Stuart, wat die media in Sydney toegespreek het, het die vermiste soldate geïdentifiseer as kaptein Daniel Lyon, luitenant Maxwell Nugent, adjudant-offisier Joseph Laycock en korporaal Alexander Naggs. Al vier was lede van die Australiese Weermag se 6de Lugvaartregiment, gebaseer in Sydney. Die tragedie het gebeur tydens ‘n nagtelike Talisman Sabre-opleidingsoefening tussen die Australiese en Amerikaanse weermagte naby Lindeman-eiland. Die soektog na hul oorskot duur voort.