Ondersoek na ’22 se druipsyfer ‘n mors van geld
Die Parlementêre Staande Komitee oor Onderwys, Wetenskap, Inligtingskommunikasie-tegnologie en Jeugontwikkeling sal besoeke in streke doen om die hoë druipsyfer van verlede jaar van te ondersoek. Die eerste been van sal sewe streke insluit en sal Maandag die Kunene-streek begin en op 21 Augustus in die Zambezi-streek eindig. Ander streke wat besoek sal word is Kunene, Omusati, Oshana, Ohangwena, Kavango-Oos, Kavango-Wes en die Zambezi-streke. Die komitee sal ‘n reeks openbare verhore met onder meer ouers, skoolrade, studenteliggame, burgerlike samelewingsorganisasies, kerke en tradisionele leiers hou. Kosmos 94.1 Nuus het met aktivis Knowledge Ipinge gepraat wat meen dit is ‘n mors van tyd.