Ecowas vergader vandag oor Niger-staatsgreep
Die leiers van die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikaanse State, Ecowas, vergader vandag in Nigerië se hoofstad, Abuja, om die situasie in Niger te bespreek. Die Niger iese President Bola Tinubu is die gasheer. Daar is kommer oor onstabiliteit in die gebied na die staatsgreep die week.Die Verenigde Nasies het intussen die opskorting van humanitêre operasies in die land aangekondig. Ecowas, die Afrika-unie en die Europese Unie het die staatsgreep veroordeel. Die hoof van Europese diplomasie, Josep Borrell, sê enige breuk in die institusionele orde gevolge sal hê vir samewerking met Niger, insluitend die onmiddellike opskorting van alle begrotingsondersteuning.