Vragskip brand steeds, kuswag in Holland het beheer
‘n Brand op die vragskip aan die noordelike kus van Nederland brand steeds maar dit wil voorkom asof dit redelik onder beheer is. Terwyl die oorsaak van die brand nie bekend is nie, word daar vermoed dit het moontlik by ‘n battery van ‘n elektriese voertuig ontstaan. Daar is meer as 3 780 nuwe voertuie aan boord. Die maatskappy wat die vragskip bedryf, K Line, sê byna 500 van die voertuie op die vaartuig, die Freemantle Highway, is elektriese voertuie. Die kuswag sê hy werk daaraan om te verhoed dat hy sink in die sensitiewe ekostelsel.