Skinner breek Nam-rekord in Japan

Die World Aquatics Champtionships wat in Fukuoka, Japan, plaasvind, sluit môre af. Namibië is deur Xander Skinner en Ronan Wantenaar verteenwoordig en alhoewel die twee swemmers nie ‘n finaal in hul onderskeie dissplines kon haal nie, het veral Skinner beïndruk met ‘n nuwe nasionale rekord in die 100-meter vryslag met ‘n tyd van 50 sekondes. Hy het ook uiters goed gevaar in die 50-meter vryslag met ‘n finale tyd van 22,78. Daar het hy die 43-jarige Suid-Afrikaner Roland Schoeman, wat 22,87 behaal het, uitgestof.