Meer oor samewerking met Rusland na Afrika-beraad
Die Namibiese handelsminister Lucia Iipumbu en die Russiese adjunkminister van handel en nywerheid het by die Rusland-Afrika-beraad in St. Petersburg in Rusland handels-ooreenkomste onderteken om onder meer op die gebied van lugvaart en skeepsbou saam te werk. Dit sal die twee ministeries verder in staat stel om die vestiging van sake-kontakte tussen die nywerheids-ondernemings van die twee lande te fasiliteer. Elijah Mukobonda, woordvoerder van die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en uitgebrei oor die ander gebiede van samewerking tussen die twee lande.
Die nuus kom saam met die aankondiging dat handel tussen die twee lande verlede jaar met 41 persent gedaal het.