Die eerste sneeu val op Aus

Die Suide van Namibië is in die greep van die grootste kouefront in jare. Gure weer word vir die Wes-Kaap, Noord-Kaap en die groter deel van die Suide van die land voorspel. Daar was reeds sneeu op die Karasberge vroegoggend en nou kom die berig dat dit reeds op Aus sneeu, die eerste keer in 11 jaar. Piet Swiegers van Klein Aus Vista het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.