China vra VN om sanksies teen Afrika-lande te lig

‘n Chinese gesant het ‘n beroep op die VN-Veiligheidsraad gedoen om sanksies teen sekere Afrikalande op te hef om hul kapasiteit vir die beskerming van burgerlikes te verbeter. Gasheerlande van VN-vredesoperasies dra die primêre verantwoordelikheid vir die beskerming van burgerlikes. VN-vredesoperasies behoort gasheerlande aktief te ondersteun om veiligheidsuitdagings aan te pak en groter kapasiteit vir die beskerming van burgerlikes te ontwikkel, het Geng Shuang, China se permanente adjunkverteenwoordiger by die Verenigde Nasies, gesê. Hy meen die sanksies van die Veiligheidsraad het die vermoë van sekere Afrikalande om hul verantwoordelikheid om burgerlikes te beskerm, ernstig belemmer. Hierdie sanksies moet so gou moontlik opgehef word.