Bokke speel laaste tuiswedstryd van seisoen vandag

Die Springbokkaptein, Duane Vermeulen en die hulpafrigter, Mzwandile Stick, het benadruk hoe belangrik dit is om die laaste tuiswedstryd van hul 2023-seisoen op ‘n hoë noot af te sluit voordat die span met hul Rugby Wêreldbeker-opwarmingswedstryde begin. Hy sê ‘n oorwinning vanmiddag teen Argentinië se Pumas in Johannesburg sal nie net die span se laaste wedstryd op eie bodem die seisoen wees nie, maar dit sal ook Jacques Nienaber en hulpafrigter Felix Jones se laaste tuiswedstryd as Springbok-afrigters wees. Dit kan ook Vermeulen se laaste wedstryd in die Groen-en-Goud vir Suid-Afrika wees. In vandag se ander Kampioenskapswedstryd pak die All Blacks die Wallabies. Nieu-Seeland, wat tans derde is op die wêreld-rangleer, gaan Australië pak voor ‘n verwagte 80 000 ondersteuners by die Melbourne-krieketveld, ná indrukwekkende oorwinnings oor Suid-Afrika en Argentinië.