Vroue-wêreldbeker verloop uiters goed
Nigerië het by die Wêreldbeker vir vroue verras deur die gasheer Australië in Brisbane, met 3-2 te troef. Danksy die oorwinning, is Nigerië nou na twee wedstryde eerste in Groep B. Die verdedigende kampioen, Amerika het vroeër een-elk gelykop gespeel teen Nederland in hulle Groep E-kragmeting. In nog ‘n Groep E-kragmeting, het Portugal Viëtnam met 2-0 geklop. Plaaslike sokker-kommentator Woody Jacobs, deel sy siening met Kosmos 94.1 Nuus van die wêreldbeker tot dusver.