Telecom doen sy deel vir jeug-werkskepping
Die Telecom Namibia-opleidingsprogram vir 2023 takel werkloosheid onder die jeug. Die maatskappy poog om die opname van die jeug in die arbeidsmag van die toekoms te verhoog en te verseker dat die jeug gereed is vir die werk van die toekoms. Die program wil opleiding bied in skaars vaardighede wat in die inligtingstegnologie-kommunikasie-sektor in die ekonomie benodig word. Dit is met die oog op die Vierde Industriële Revolusie, groenwaterstof-projekte en kunsmatige intelligensie. Nomvula Kambinda, korporatiewe kommunikasiehoof van Telecom het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…