Suid-Afrika gereed vir Brics-beraad
President Cyril Ramaphosa het afgevaardigdes op die Rusland-Afrika-beraad in St. Petersburg, Rusland, gerusgestel Suid-Afrika is gereed om volgende maand die Brics-beraad aan te bied. Die vergadering van die groepering wat uit Suid-Afrika, Brasilië, Rusland, Indië en China bestaan, sal onderwerpe soos handel en die bevordering van beleggings, volhoubare ontwikkeling en wêreldwye bestuurs-hervorming dek. Ramaphosa sê die beraad bied ‘n geleentheid vir lidlande om kwessies van wedersydse belang te bespreek en hul samewerking te versterk namate hulle hul ekonomiese invloed, handel en belegging vergroot.