Stad Kaapstad het 48 nuwe probleem-geboue
Die Stad Kaapstad sê die gespesialiseerde Wetstoepassings-eenheid het die afgelope 12 maande ‘n mate van vordering getoon in sy stryd teen probleem-geboue. Daar is 48 nuwe probleem-geboue verklaar en ‘n gemiddeld van 236 aktiewe sake is in verskeie stadiums van ondersoek, en regstappe is teen 28 eiendoms-eienaars ingestel. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê probleem-geboue is ‘n uitdaging, nie net in Kaapstad nie, maar wêreldwyd.