Putin skenk helikopter aan Mnangagwa
President Vladimir Putin het aan President Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe ‘n helikopter geskenk. Harare het die aankondiging gemaak terwyl sy president, saam met 16 ander staatshoofde in St. Petersburg is vir die tweedaagse Rusland-Afrika-beraad. Mnangagwa se woordvoerder, Nick Mangwana, het die helikopter as ‘n presidensiële helikopter beskryf en bygevoeg dat dit binnekort in die land se lugruim gesien sal word. Putin vry na Afrika, veral met sy internasionale isolasie wat toeneem as gevolg van sy inval in die Oekraïne.