Putin se graangeskenk gekritiseer

Die president van Rusland, Vladimir Putin, het bekendgemaak sy land sal tonne graan na verskeie Afrikalande uitvoer om die uitwerking van voedselonsekerheid teen te werk. Hy sê hy sal tussen 25 000 en 50 000 metrieke ton graan na Burkina Faso, Zimbabwe, Mali, Somalië, die Sentraal Afrikaanse Republiek en Eritrea skenk. Dit volg nadat Rusland van die Swartsee-graanooreenkoms onttrek het, wat die veilige vervoer van graanuitvoere vanuit Oekraïnse hawens verseker het. Putin het tydens die Russies-Afrika-beraad gesê die aflewerings sal binne die volgende vier maande gedoen word en sal kosteloos wees. Hy gaan gebuk onder kritiek omdat die lande Wagner-bondgenote is en ook, omdat die tonnemaat niks sal doen om tekorte te stuit nie.