Netbal: Veiligheid by Wêreldbeker-toernooi opgeskerp
Netbal: Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur se veiligheidsplanne vir die Wêreldbeker-toernooi in Kaapstad is ingestel. Die woordvoerder, Athlenda Mathe, sê ‘n prioriteitskomitee wat nou saamwerk met Netbal SA, die departement van sport, kuns en kultuur en die Stad Kaapstad, het saam die veiligheidsplan vir die geleentheid saamgestel. Mathe sê die benadering ten opsigte van sekerheid is om die geleentheid en sy deelnemers te beskerm en sodoende die moontlikheid van voorvalle voor, tydens en na die toernooi te verminder.