Mbumba vry na beleggings in Rusland
Die Namibiese visepresident Nangolo Mbumba is in St. Petersburg, in Rusland, vir die tweede Rusland-Afrika ekonomiese en humanitêre beraad wat vandag tot ‘n einde kom. Mbumba lei die Namibiese afvaardiging, wat die minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, insluit; sowel as die ministers van handel, inligting en arbeid. LP’s is ook genooi. Die beraad het ten doel om ‘n nuwe vlak van wedersyds voordelige vennootskap te bewerkstellig en poog om gelyke samewerking oor alle gebiede te bevorder. Mbumba het afgevaardigdes toegespreek oor moontlike beleggings in die land…