Kunene-gemeenskappe ly onder die erge droogte
Gemeenskappe in die Kunene-streek gaan gebuk onder nóg ‘n jaar van droogte. Boere in die streek is genoodsaak om hul vee te verkoop of te verskuif. Die Kunene-streek is een van die streke wat deur die regering met droogtehulp bygestaan word, maar wildbevolkings word ook deur die versengende droogte geraak. Kommunale bewaringsgebiede in die Kunene is veral afhanklik van inkomste uit natuurlike hulpbronne. Mens-dier-konflik met olifante en leeus neem ook toe. Die waarnemende nasionale voorsitter van die bewaringsgebiede en gemeenskapswoude, Tommy Adams, het uit die Torra-bewaringsgebied met Kosmos 94.1 Nuus oor die droogte-situasie gesels..