Groot koue land vandag in die Kaap, versprei na Namibië

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê swaar reën, baie koue toestande, rowwe see, sneeu en sterk tot stormsterk winde word die naweek oor dele van die Wes-, die Noord- en Oos-Kaap verwag. ‘n Sterk kouefront gaan na verwagting vanaand die weskus en die Suide van Namibië tref. ‘n Weervoorspeller, Wayne Venter, sê baie rowwe seetoestande aan die kusgebiede en winderige toestande oor die sentrale en westelike binneland word ook verwag: