GRN veroordeel Niger-staatsgreep
Die Namibiese regering het sy kommer uitgespreek oor die staatsgreep en heersende onstabiliteit in Niger. Die weermag het die staatsgreep Woensdag aangekondig en sê President Mohamed Bazoum is in aanhouding. Volgens die ministerie van internasionale betrekkings se woordvoerder, Penda Naanda, sê die regering skaar hom by die Afrika-unie wat die geweld veroordeel.
Naanda sê daar is twee Namibiese burgers in Niger maar, dat hulle op die oomblik veilig is.