Eskom sal R36 miljard se diesel aankoop
Die buurland se energie-ontleder Chris Yelland sê dit is onwaarskynlik dat Eskom hierdie boekjaar by sy dieselbegroting sal kan hou. Die kragnutsmaatskappy het bykans die helfte van sy dieselbegroting van 27,9 miljard Suid-Afrikaanse rand reeds bestee in slegs vier maande van die 2023-2024-boekjaar. Diesel word in Eskom se oopsiklus-gasturbines by Ankerlig en Gourikwa in die Wes-Kaap gebruik. Die twee kragstasies het ‘n gesamentlike opwekkingsvermoë van 2 067 megawatt. Yelland sê hy verwag teen die huidige verbruikstempo gaan die totale besteding op diesel 36 miljard rand wees.