Dis wel baie koud in die Suide, maar, reën word voorspel
Terwyl erge koue in die land in beweeg, is daar ook goeie nuus vir veral die boere in die verre Suide omdat reën verwag word. Meer as 40 000 hektaar is verwoes in die vorige brandseisoen en Karasburg se gebied het ook een van die swakste vertonings gehad sedert rekords in 1913 begin het. Maar, boere word ook gewaarsku oor die erge koue vir kleinvee en gewasse. Windhoek-weerman Richard Nashikaku, het die besonderhede.