Die As: Australië is in beheer

Australië het ‘n eerstebeurt-agterstand van 222 lopies teen Engeland aan die begin van die tweede dag van die vyfde en laaste toets om die As op die Oval in Londen. Die besoekers het met uitskeityd gestaan op 61 vir een nadat hulle die gashere gister vir 283 uitgeboul het. Harry Brook se kolfwerk was indrukwekkend en hy het 85 van slegs 91 balle aangeteken vir Engeland en bygedra tot ‘n vierde paaltjie-vennootskap van 111 lopies met Moeen Ali, wat 34 lopies aangeteken het. Mitchell Starc het vier paaltjies geneem. Australië het net David Warner se paaltjie vir 24 verloor.