Banyana eindig gelykop teen Argentinië

Banyana Banyana het vandag in hulle nou-of-nooit-wedstryd teen Argentinië in Groep G van die Vroue-wêreldbeker in Dunedin, Nieu-Seeland, met twee elk gelykop gespeel. Linda Motlhalo het Suid-Afrika in die 30ste minuut laat voorloop met Thembi Kgatlana wat die tweede doel in die 66ste minuut behaal het. Argentinië wat derde op die punteleer is, het teruggeveg met doele deur Sophia Braun en Romina Nunez. Dit is Suid-Afrika se eerste punt ooit by ‘n Vroue-wêreldbeker en daar is steeds hoop dat hulle die uitklopronde kan haal. Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê sy is teleurgesteld: