Wie lei met Geingob in hospitaal, adjunk in Rusland?
President Hage Geingob is tans in die hospitaal en die adjunk-president Nangolo Mbumba woon die tweede Rusland-Afrika Ekonomiese en Militêre Beraad in St. Petersburg in Rusland by. President Hage Geingob is in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem vir ‘n opvolg-operasie na ‘n aortaklep-prosedure wat hy op 8 Junie ondergaan het. Hy word eers môre ontslaan en hervat sy amptelike pligte volgende Woensdag. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, gepraat oor wie nou eintlik in beheer van die land is…