Wendelinus beskuldig Venaani van manteldraaiery

Voormalige Mnr. Gay Namibia, Wendelinus Hamutenya, sê die opposisieleier McHenry Venaani is soos ‘n verkleurmannetjie. Hamutenya het sy reaksie op Venaani gegee wat van mening is dat die Ugandese President Yoweri Museveni se se drakoniese teen-LGBTQ-wetgewing nie in ‘n liberale Namibië toegepas sal word nie. Tog sê Venaani, president van die PDM, die party keur nie selfdegeslaghuwelike goed nie. Hamutenya het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…