Waar is Shikongo se ongeluksdossier?

Die Engelse dagblad, The Namibian, berig dat die dossier in verband met die ondersoek na die polisiehoof se motorongeluk in Desember verlede jaar, nog nie by die aanklaer-generaal is nie. Die polisie se adjunk-inspekteur-generaal Elias Mutota het bevestig dat die adjunk-aanklaer-generaal se kantoor op Ondangwa reeds op 30 Junie die dossier ontvang het. Die Oshakati adjunk-aanklaer-generaal Lucious Matota het ook aan die dagblad bevestig dat die dossier ook nie by hulle is nie. Die kwessie is uiters omstrede omdat die motorongeluk drie gedood het en Shikongo was ondersoek vir strafbare manslag en roekelose bestuur. Vrae is ook gevra oor hoekom daar nie onmiddellik ‘n alkoholtoets op hom uitgevoer is nie.