Verhoordatums vandag in Boulter se siviele saak vandag bepaal

‘n Interlokutêre verhoor sal vandag in die saak waar Alta van Wyk, die weduwee van Gerhard van Wyk wat in Februarie 2021 dood is na ‘n skietvoorval waarvoor die Britse miljardêr Harvey Boulter vir moord aangekla word, hom vir skadevergoeding dagvaar, gehou word. Die hof het beslis dat Van Wyk haar eis van 84 miljoen Namibiese dollar moet aanpas en sy soek uitstel daarvoor, wat Boulter teenstaan. Dit volg na Boulter se regspan eksepsies teen die gekompliseerde eis gebring het en dit vaag en dubbelsinnig genoem het. Intussen sal die verhoordatums ook vandag deur regter Orben Sibeya en die partye bepaal word. Boulter poog intussen ook om sy moordklag en vervolging ter syde te laat stel.