Passasiersboot slaan by Manila om tydens tifoon Doksuri

Minstens 19 mense is dood toe ‘n passasiersboot naby Manila in die Filippyne omgeslaan het. Dit is nie duidelik hoeveel mense op die boot was nie, maar 40 mense is gered. Volgens die plaaslike rampbestuurshoof duur die soek en reddings-operasie voort. Die boot was sowat 45 meter vanaf die land toe dit deur sterk wind en rowwe seetoestande getref is wat deur die tifoon Doksuri veroorsaak word. Windspoed van tot 175 kilometer per uur is aangeteken..