Trustco kry reuse-belegging in Meya-diamantmyn in Sierra Leone
Trustco het vandag ‘n mede-belegging van 75 miljoen Amerikaanse dollar in sy hulpbronne-portefeulje aangekondig in sy Meya-diamantmyn in Sierra Leone. Volgens Trustco het Sterling Global Trading hom verbind tot ‘n 50 miljoen dollar-belegging wat 25 miljoen dollar in ekwiteit vir 70 persent aandele behels, asook ‘n lening van 25 miljoen dollar. ’n Bykomende lening van 25 miljoen dollar word van derdeparty-kapitaalbronne verwag. Meya het ‘n grootskaalse mynlisensie wat oor 129 vierkante kilometer strek in Sierra Leone se ryk oostelike diamantvelde. Aanvanklike eksplorasie dui op ‘n hulpbron van sewe miljoen karaat, wat ‘n 15 jaar ondergrondse mynplan ondersteun wat 1 miljoen karaat jaarlikse produksie teiken. Die adjunk-uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior het met Kosmos 94.1 nuus gesels…