Tongaat oorgekoop, boere opnuut optimisties
Suikerrietboere in die buurland is van nuuts af optimisties oor die toekoms van hulle ondernemings nadat die Tanzaniese maatskappy, Kagera Sugar Limited, bekendgemaak het hy neem Tongaat Hulett oor. Die toekoms was onseker vir suikerrietboere nadat Tongaat Hulett verlede jaar vrywillig in sakeredding gegaan het. Kagera se oorname het egter sekerheid by boere gebring. Plaaslike suikerrietboere sê hulle is verlig oor die verwikkeling en hoop die nuwe eienaars sal positiewe veranderings aan die bedryf bring.