Teenkanting oor teregstelling van dwelmsmokkel-vrou in Singapoer
‘n Vrou wat aan dwelmhandel skuldig bevind is, Saridewi Djamani, word môre in Singapoer tereg gestel – die eerste teregstelling van ‘n vrou in 19 jaar. Djamani is in 2018 betrap in besit van 30 gram heroïen vir handeldryf. Haar teregstelling volg slegs dae nadat Mohammed Aziz Hussain in die Changi-gevangenis gehang is vir handeldryf in 50 gram heroïen. Groepe wat teen die doodstraf gekant is, veroordeel die teregstellings en eis dat Singapoer ophou om die reg op lewe te skend. Owerhede hou vol die doodstraf is noodsaaklik om die vraag na en aanbod van dwelms te bekamp.