Studie toon ChatGPT het negatiewe impak op omgewing

‘n Onlangse studie deur die Universiteit van Colorado Riverside en die Universiteit van Texas Arlington lig die negatiewe uitwerking van ChatGPT op die omgewing uit. Volgens die studie verbruik die water-voetspoor van Kunsmatig-Intelligente modelle, spesifiek ChatGPT, 500 milliliter water vir elke gesprek. Die water-voetspoor van KI-modelle spruit uit die energieverbruik om die bedieners en data-sentrums wat die modelle huisves en bestuur, aan te dryf en af te koel. Die studie doen ‘n beroep op navorsers en tegnologie-maatskappye om hierdie omgewings-bekommernisse te versag.