Staatsgreep in NigerJuly 27, 2023

Niger se weermag het regstreeks op televisie  aangekondig hy het ‘n staatsgreep uitgevoer waarin president Mohamed Bazoum uitgeskop is. Die soldate het gesê hulle het die grondwet opgehef, alle instellings opgeskort en die landsgrense gesluit. Paleiswagte hou die president sedert gister aan. Bazoum is ‘n sleutelbondgenoot in die Weste se stryd teen Moslem-militante in Wes-Afrika. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê Amerika veroordeel pogings om Niger se grondwetlike orde met geweld te ondermyn.  Hy het benadruk samewerking tussen die twee lande is gegrond op die voortsetting van ‘n demokratiese bestel.