Sekere van Harry se eise teen koerante mag voortgaan
Prins Harry kan voortgaan met ‘n deel van sy regsgeding teen Rupert Murdoch se Britse koerantgroep, maar sy bewerings van telefoon-afluistery is te laat gemaak en moet dus laat vaar word. Dit is die beslissing van die Londense hooggeregshof. Harry dagvaar Murdoch se News Group Newspapers oor verskeie oortredings wat hy sê is namens sy poniekoerante, die Sun en die nou ontbinde News of the World, van die middel-1990’s tot 2016 gepleeg. Die koerantgroep het vroeër aangevoer dat Harry se eise geskrap moet word omdat hulle buite die ses jaar-tydperk vir regstappe gebring is.