Omstrede, talentvolle Sinead sterf op 56
Die Ierse sangeres Sinead O’Connor is dood in die ouderdom van 56. Die oorsaak van haar dood is nie bekend nie. O’Connor, wat uiters uitgesproke was in haar sosiale en politieke sienings, het tussen 1987 en 2014, tien albums vrygestel. Gebore Sinead Marie Bernadette O’Connor in Desember 1966, het sy moeilike kinderjare beleef en is in ‘n sentrum geplaas as tiener. Sy het haar eerste album The Lion And The Cobra in 1987 vrygestel, wat die top 40 in Brittanje en VSA behaal het. Haar opvolg album, I Do Not Want What I Haven’t Got, wat Nothing Compares 2 U ingesluit het, het haar internasionaal roem verwerf. Daar was op ‘n stadium ‘n verbod op haar musiek as gevolg van haar siening van die Katolieke Kerk en sy het self gesê sy is moeilik.