NMI: Rusland-Afrika-beraad sal invloed op pryse hê

Russiese President Vladimir Putin het vroeër belowe Rusland sal voortgaan met pogings om voorrade graan, kosprodukte, kunsmis en ander goedere aan Afrika te voorsien. Die Namibiese afvaardiging onder leiding van adjunk-president Nangolo Mbumba is in die Russiese hoofstad St. Petersburg vir die tweede Rusland-Afrika Ekonomiese en Humanitêre Beraad. Die beraad het ten doel om ‘n nuwe vlak van wedersyds voordelige vennootskap te bewerkstellig en poog om gelyke samewerking oor alle gebiede te bevorder. Daar word internasionaal berig dat Rusland se landbou-uitvoere, wat kunsmis insluit, ook onder die loep sal kom tydens die beraad. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, hoof uitvoerende beampte van die NMI-groep gesels wat sê of die beraad ‘n invloed op kunsmispryse sal hê.