Namibië het N$270 miljard nodig om klimaatsverandering te beveg
Namibië se hersiene verbintenis om klimaatsverandering aan te spreek, vereis dat sowat 270 miljard Namibiese dollar teen 2030 bestee moet word om die teikens te behaal. Die uitvoerende hoof van die Omgewings-beleggingsfonds, Benedict Libanda het tydens die fonds se konferensie oor klimaatsverandering gesê multilaterale strategiese dialoog sal nodig wees om so beleggings na Namibië te lok. Libanda sê die fonds werk daaraan om hul akkreditasie-kategorie na die Groen Klimaatsfonds op te gradeer om volgens skaal toegang tot befondsing te kan kry. Op die oomblik word net vir 10 miljoen dollar per projek geakkrediteer, in plaas van 50 miljoen dollar.