Kripto-wet is goed maar, daar is kommerwekkende bepalingsJuly 27, 2023

Reaksie word ontvang op die bekragtiging van die Wetsontwerp op Virtuele Bates wat deur die minister van finansies, Ipumbu Shiimi in die parlement bekendgestel is. Dit is reeds in die Staatskoerant gepubliseer. Dit is die eerste wet wat uiteensit hoe die land kripto-geldeenheid-verwante aktiwiteite moet reguleer. Dit sal in werking tree op ‘n datum wat deur die ministerie van finansies bepaal moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met Coenie Botha, uitvoerende hoof van CBI, gesels wat sê dat regulering hoogtyd is, maar daar is ook kommer…