Krieket: Eagles wen Sierra Leone met 83 lopies

Krieket: Die Walvis Bay Salt Eagles het Sierra Leone met 83 lopies in Dar es Salaam, Tanzanië in die IKR se onder-19 Mans Wêreldbeker Afrika kwalifiserende reeks gewen. Sierra Leone het die loot gewen en die Eagles ingestuur om eerste te kolf. Namibië het 170 lopies ná 48 boulbeurte behaal wat tot dusver die hoogste totaal lopies in die reeks is. Sierra Leone kon net 87 lopies in 25 boulbeurte behaal. Die Eagles spook sake uit in die teen die gasheerland, asook Nigerië, Sierra Leone, Tanzanië en Uganda vir ‘n plek in die toernooi in Sri Lanka.