Geen SA ruimtevaarders op pad na ruimtestasie
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap weerlê bewerings dat plaaslike ruimtevaarders binne twee jaar na die ruimte gestuur sal word. Die uitvoerende hoof van Sansa, Humbulani Mudau, het reageer op ‘n verklaring deur die Russiese ambassade op Twitter en sê dit sal nog “jare neem” vir Suid-Afrika om hierdie droom te verwesenlik. Die ambassade se plasing het slegs verwys na planne om twee vroue na die Internasionale Ruimtestasie te stuur sonder om besonderhede te verskaf. Suid-Afrika begin tans met ‘n projek om ruimterommel op te spoor.