Eros se toerusting is ook kaput

Die Namibiese Lughawensmaatskappy sê hy is wel bewus van die interkomstelsel wat by die Eros-lughawe buite werking is. Verskeie van die televisieskerms wat vlugte moet aankondig werk ook nie en dus is daar beperkte inligting oor vlugte, kansellasies en meer. Die kwessie frustreer nie net passasiers nie maar ook rederye wat die lughawe benut en vir die dienste moet betaal. Dan Kamati, woordvoerder by die maatskappy sê die probleme word aangespreek.