Daar’s ‘n kans vir sneeu in die Suide

Baie koue toestande met temperature onder vriespunt word die naweek in die Suide en sentrale en oostelike dele van Namibië verwag. Die Meteorologiese Diens maan in ‘n weerwaarskuwing dat saai- en kleinveeboere die nodige voorsorgmaatreëls moet te tref. Volgens die plaaslike weerkenner van Aranos George van der Merwe is daar is ‘n moontlikheid van reën en en selfs sneeu by Aus in die Suide.  

 Intussen het die Kaapstadse Weerkantoor ‘n vlak vier-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende sneeu in dele van die Wes-Kaap. Die sneeu word hierdie naweek voorspel en gebiede wat geraak word sluit in Beaufort-Wes, Prins Albert en die Breedevallei. Weerbeamptes waarsku sekere gebiede sal tydelik ontoeganklik wees. Inwoners word aangeraai om warm aan te trek en buitemuurse bedrywighede te vermy. Boere word ook versoek om skuiling aan hul vee te bied.