Ardie lei die All Blacks teen die Wallabies
Die losvoorspeler Ardie Savea lei Nieu-Seeland vir die Rugbykampioenskap-toets Saterdag teen Australië in Melbourne. Die gereëlde kaptein Sam Cane is onttrek weens ‘n nekbesering wat hy opgedoen het in die toets teen Suid-Afrika in Auckland. Dalton Palali’i vervang Cane as die enigste verandering aan die beginspan. Die skrumskakel Cam Roigard maak sy debuut vir die All Blacks na hy vir die eerste keer as reserwe gekies is, terwyl Anon Lienert-Brown en die veteraan Sam Whitelock ook weer hulle plekke op die reserwebank inneem.